REGTE MELKKOS:

Lynette Muller

Bestanddele
* 1 liter melk en 1 liter water (of 2 liter melk)
* 1 eetlepel margarine
* 1 koppie meel
* water om te sprinkel
* 1 teelepel bakpoeier
* 1 teelepel sout
* 1 eetlepel vlapoeier
* ½ koppie suiker

Metode
Voeg melk en water saam in kastrol en laat kook (of 2 liter melk, dan is dit romeriger). Terwyl dit nog begin kook, sit meel, sout en bakpoeier saam in bak. Sprinkel water daaroor en skud die meel sodat frummels vorm. Meeste van die meel sal los bly en nie frummels maak nie. Wanneer dit melk kook, voeg die vlapoeier, botter, suiker en meelfrummels by. Hou aan roer terwyl jy die hitte afstel tot dit net prut. Laat baie stadig prut vir 30-45 minute – roer gedurig anders kook dit oor. Bedien met suiker-kaneel mengsel oorgestrooi.  Nog ‘n lekker idee is om 2 stokkies heel kaneel saam met die melkmengsel te kook.

(Visited 286 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui