Word ek vergeet? 3

Woensdag  20 Junie 2018 Tema: Word ek vergeet? 3

**** My eie woorde

**** Wanneer Asaf met ons Vader praat is dit nie net ’n stille fluistering nie. Hy roep uit na God met sy hele wese. In die Ou-Testamentiese tye was die gebede nie net ’n klomp “gee vir my” nie. Dit was ’n intense selfondersoek om in die regte verhouding met God te kom . Dan vra hy in vers 9 het God vergeet om genadig te wees? Dis amper ’n moedelose uitroep om genade en hulp. Moontlik beleef jy dat jy ook maar soos Asaf is.

Ps 77:1  (77:2) My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister. 9  (77:10) Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.

****Kyk net na hierdie kosbare woorde van Jesus, Hy antwoord dis waarvoor Hy dan gekom het, wanneer hy die verhaal van die verlore seun vertel, sê Hy hierdie kind was dood. Miskien was jy ook geestelik dood maar het besluit om op te staan en terug te keer na my Vader en jou Vader

Matt_18:11  Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.

Luk 15:24  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

Ps_9:18  (9:19) Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.

GEBED vir VANDAG Y

Onse Hemelse Vader ons is almal verlore seuns en dogters. Ons het almal al van U af weg gedwaal en ons eie pad geloop. Ons beskuldig U so maklik vir al ons verkeerde keuses maar vanmôre kom ons soos daardie verlore seun terug omdat U vanmôre in ons harte praat dat U ons kom soek het. Dankie, dat U nie opgee met sondaar nie. Ek bid vir diegene onder die letter Y. Miskien roer dit in hulle binneste om om te draai van die pad waarmee hulle besig is. Wil U hulle die krag gee om dit deur te voer. In Jesus se Naam vra ek dit Amen .

’n Geseënde daggie vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 33 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui