Lynette Muller

Bestanddele
2 pakkies tennis beskuitjies
1 Liter Melk
¼ kop suiker
1 Eier
1 Blikkie Kondensmelk
1 Hoogvol eetlepel vla-poeier
2 Eetl Mielieblom (maizena)
Sout

METODE:
Maak pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier
Verhit die melk & Kondensmelk tot kookpunt
Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer en kook net ‘n rukkie oor lae hitte tot gaar en dik.
Gooi die helfte vd beslag oor die kors, pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die ander helfte oor
Strooi bietjie kaneel en gekrummelde Tennis beskuitjies bo-oor en laat heeltemal afkoel en stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 245 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation