Rika Theron

Bestanddele Broodjie
2 eiers, sout & peper,
250 ml gaar maalvleis,
250 ml gerasperde kaas

Bestanddele Sous
 12,5 ml botter,
1 gekapte ui,
12,5 ml suiker,
6 ml kerriepoeier,
12, 5 ml meel,
12, 5 ml asyn,
250 ml melk. 

Metode sous
Braai ui in botter tot ligbruin.  Meng droë bestanddele en asyn en voeg dit by die ui.  Voeg die melk stadig by en roer tot die mengsel dik word.

Metode Brood
Klits eiers en voeg sout & peper na smaak by.  Doop snye brood in eier en braai aan albei kante bruin in ‘n bietjie olie.  Skep vleis bo-oor en strooi kaas oor.  Plaas onder rooster tot kaas gesmelt is en gooi kerriesous oor. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 105 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation