BROODTERTJIES  MET  HOENDERVULSEL

Rika Theron

Bestanddele
12 dun snye brood met botter gesmeer,
500 ml kaassous,
250 ml fyn gaar hoendervleis,
5 ml aangemaakte mosterd,
250 ml gerasperde kaas.

Metode
Sny korsies van brood af.  Druk elke sny, met botterkant na onder, in kolwyntjiepanne.  Bak 10 minute in warm oond (180°C).  Laat afkoel en verwyder tertjies versigtig met mes uit pannetjies.  Meng res van bestanddele behalwe die helfte van die kaas.  Skep in tertjies.  Strooi kaas bo-op en plaas in ‘n warm oond tot kaas gesmelt is.  Sit dadelik voor.

(Visited 161 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui