Lynette Muller

Bestanddele
1 Snoek vooraf gesout
Appelkoos Braaisous:
60 ml mayonnaise
60 ml knoffelbotter
60 ml gladde appelkooskonfyt
of
Mayo-Braaisous:
250 ml mayonnaise
90 ml botter

Metode
Plaas die vis oop met die velkant na onder op die rooster. Sprinkel peper oor. Verhit die bestandele vir enige van die braaisouse oor lae hitte en meng goed. Gebruik ‘n klein kwassie en verf die vleiskant van die vis met die sous. Braai oor gloeiende kole – nie te warm nie – tot die vis maklik van die graat loskom. Sit voor met vars brood en slaai of tamatie-en-uie-braaibroodjies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation