Gebed vir die aarde

Daar lê so baie klein juwele in ons huishoudings en families wat wag om ontdek te word. Wat en hier van praat is Kos stories..

Hierdie stuk wat volg kom uit ʼn boek van Hennie Aucamp getiteld Borde Borde Boordevol. Die agtergrond gaan oor die droogte van ʼn paar jaar gelede. Die boere het gereeld bymekaar gekom en gebid vir reën. Dit gaan nie spesifiek oor kos nie, maar tog hier kom die uittreksel

Gebed vir die aarde

Chris Barnard

“Oom Jacob het eerste gebid. Dit was die langste gebed wat ek ooit (voorheen en daarna) moes aanhoor, maar ek het nie aan die slaap geraak soos ek dikwels voorheen het nie. Ek het geluister. En ʼn bietjie skuldig gevoel. Want dit was asof ek agter ʼn deur gestaan het en ʼn argument afgeluister het.

Oom Jacob het die droogte posisie baie netjies vir die Here uiteengesit. Hy het by die vorige jaar se reënval begin, die winter se droogte posisie geskets en die situasie toe op datum gebring deur ʼn oorsig te gee van die skade wat die droogte tot op hede veroorsaak het.

“Here” het oom Jacob gesê, hierdie lemoen boompies onderkant die tweede dam – die boompies wat ons laaste jaar geplant het – ag’ daar leef omtrent nie meer een van hulle nie. En self die ou boorde. Ek stap vanmiddag juis deur die nartjies – nie die by die rivier nie, Here, hulle kan nog gaan – maar die nartjies bokant die klipplate, U weet? Hulle lyk sleg. Ek sê vanaand vir die vrou, Here, ek sê vir haar as dit nie hierdie week nog uitkoms is nie, dan weet ek nie. Here, ek wens ek kan U saam met my vat more vroeg oorkant die rivier toe. Daardie arme avos daar. Daardie avokado’s moes nou dra. En hoe kan hulle dra as hulle nie water het nie? Daardie bome kyk heeldag vir my. Ek wens U kon sien hoe kyk hulle na my. Ek moet juis weer more daar laat skoffel. Ek sien amper nie kans nie. Nou vra ek vanaand – ek vra reguit hoekom? Wat het ons dan vir U gemaak? Ek meen, ons praat nou ʼn slag reguit.

Daardie nag het ek wakker geword van die reën op die dak.”

As dit nie vir die reën was nie sou ons nie kos gehad het nie.

Nou ʼn ander kos storie. ʼn Man wat lank gelede saam met my gewerk het sê hy het een aand ʼn jonge dame uitgeneem vir ete. Alles moes natuurlik perfek gewees het, want hy wou haar graag ʼn baie goeie indruk op haar gemaak het. Hulle kyk so na die spyskaart en hy vra aan haar wat sy wil eet en sy antwoord hom toe Vis. Die kelner vra aan haar hoe wil sy haar vis gaargemaak hê, bedoelende gebak of gebraai en sy antwoord die kelner “Well done please”. Net daar het die verhouding geëindig.

Hierdie volgende kos juweel kom van Riekie af :

My Oupa as ouderling en die predikant het jare terug maar huisbesoek gedoen soos wat die gewoonte was. Elke drie maande by elke huisgesin in die wyk omgegaan voor Nagmaal.

Die jaar is dit slagtyd toe die groot huisbesoek tyd daar is.  Oupa en Dominee besoek gemiddeld drie tot 4 huisgesinne elke aand.  Soos dit in die slagtyd gaan en groot hoeveelhede vleis verwerk moet word, is die huisvrou maar besig en word gou ‘n stukkie wors in die pan gegooi, saam met wat ook al – brood, pap en sous, aartappels.

Toe Oupa en Dominee die vierde aand by huis nommer drie aankom en vir die hoeveelste keer genooi word om saam met die gesin aan te sit, kan hulle dit nie weier nie.  Weereens is wors en wat ook al op die spyskaart.  Toe die boervrou haar rug draai, sit dominee die ou stukkie wors in sy wit sakdoek en

druk dit in sy sak maar o wee, van die speserye (seker maar peper) kry hy die groot nies, ruk sy sakdoek in ‘n oomblik van waansin uit!  Daar trek die stuk wors!  Ek wens ek was ‘n vlieg teen die muur…… Riekie du Plessis Johannesburg

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 87 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *