Goeiemôre almal . Hierdie is die laaste dagstukkie vir die week. Môre is ’n openbare vakansiedag en Vrydag het baie mense verlof.

Woensdag 8 Aug. 2018 Tema: Gevoelens  3

**** My eie woorde

**** Een van die gevoelens wat ons almal ken is om verneder te word. Soms onskuldig maar ander kere deur jou eie foute. Weet julle ons Verlosser ken dit en het dit self deurgegaan, daarom verstaan Hy wat ek en jy deurgaan. Ons vernedering is juis daar om ons te leer in die skool van die lewe Die probleem is dat ons dan ervaar ons is ’n skande vir Hom en dikwels verwyt ons onsself  omdat ons Hom so teleurgestel het.

Jes.54 :4 Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie, jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy ‘n weduwee was nie. V5 Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wêreld genoem.

Matt 11:28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.  V29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.  V30 My juk is sag en my las is lig.”

**** Weet julle wanneer jy iets swaar moet optel en iemand vat aan die ander kant, is dit die helfte ligter. Kom ek en jy deel ons laste met Jesus dan is dit lig en sag.

GEBED vir VANDAG R

Onse Vader, ons wil U Naam loof en Prys en grootmaak vir genade op genade wat ons ontvang. Dankie, vir gebede wat U verhoor. Dankie, dat U juis U Seun Jesus Christus gestuur het om die pad te loop wat ons loop en daarom verstaan Hy waar deur ons gaan. Dankie, Jesus dat U vernedering verdra het vir ons sonde. Sulke liefde is te groot vir ons om te verstaan. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter R. Omstraal hulle met die lig van U teenwoordigheid en hou hulle dig aan U Sy .

Geseënde langnaweek vir almal. Tot Maandag as ons gespaar bly

GETUIENISSE en TERUGVOER

**** Ek wil tog net met julle deel hoe goed die HERE is en soms sien ons dit nie raak nie. Die afgelope week wou die duiwel my verhinder om die dagstukkies te stuur. Maandag het die rekenaar 3 keer gevries en toe ek bid na die derde keer gaan die dagstukkies uit. Gisteroggend gebeur dit weer en teen gistermiddag begin ek lyfseer en grieperig voel. Vanmôre is ek siek en het so rus rus opgestaan. Toe kom bid ek en ek vra die HERE help my net dat ek die dagstukkies stuur. Waarlik Hy het verhoor. Groot en lofwaardig is die Vader, Jesus Christus en Heilige Gees .

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 9 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation