Idees Vir Jaffles Of Snackwichvulsels

Lynette Muller

Idees vir jaffels
Kaas en uie
Net kaas
Kyk in yskas vir enige oorskietkos, sit dan gerasperde kaas daarby
Stukkies gaar spek en piesang met kondensmelk
Piesang en kondensmelk
Roereier en kaas
Roereier en gesnipperde vleis/wors/spek
Grondboontjiebotter en kaas

Doen die gewone jaffle met twee snye gesmeerde brood.
Smeer binnekant met lekker blatjang.
Sit ‘n paar skyfies piesang in en verder ‘n lepel maalvleis.
Baie lekker. Gebruik dit gerus.

‘n Jafel met mince (gooi sojamince by om dit meer te maak – verskillende geure te kry). As jy nie genoeg het nie, veral as jy verafgeleë kamp en net bietjie koudhouplek of geen krag nie. Die soya gee ‘n heerlike smaak.

As ek ‘n snackwich toebroodjie maak is daar vir my niks lekkerder as om polonie te rasper en dit met tuisgemaakte blatjang te meng nie.

‘n jaffle is die lekkerste met maalvleis, tamatie, kaas en mosterd.

Ek het ook gehoor van iemand wat ‘n rou eier in die jaffelpan bo-op brood gooi en dan bak soos ‘n gewone jaffel. Maar ek het dit nog nooit self probeer nie.

Maalvleis
Maak maalvleis gaar, met gebraaide uie, speserye.
Sit chutney en tamatiesous op broodjie
Skep die maalvleis op die broodjie
Sit dit in ‘n snackwich

Jaffle/snackwich – Soutbeesvleis gemeng met blikkie mielies, (die heelpit een) Ook baie lekker, en dit kan ‘n lekker maaltyd wees.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui