OORSKIET  BEESGEREG

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
1 ui,
2 e botter,
1 groenrissie,
1 t rooipeper,
2 e meel,
1 k vleisekstrak,
1 e tamatiepuree, sout & peper,
450 g oorskiet beesvleis,
1 blikkie pynappelringe.

Metode
Kap ui fyn.  Smelt botter en braai ui daarin tot ligbruin.  Voeg gekapte groenrissie by en braai ‘n verdere 10 minute tot sag.  Voeg rooipeper by en braai nog 4 minute.  Roer meel in en kook 2 minute.  Voeg vleisekstrak en tamatiepuree geleidelik by.  Roer aanhoudend en kook vir 5 minute.  Geur goed.  Voeg gesnyde vleis by en verwarm.  Moenie vleis weer kook nie.  Braai gedreineerde pynappelringe in ‘n bietjie botter tot ligbruin.  Skep vleis en sous oor gebraaide pynappelringe en bedien dadelik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 138 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *