Bakpoeierbroodjie

Lynette Muller

Betsanddele
4 koppies meelblom (1 000ml)
1 teelepel sout (5 ml)
5 teelepels bakpoeier (25ml)
3 teelepels suiker (15 ml)
1 eetlepel margarine (12,5 ml)
1 3/4 koppie melk (450ml)
Eier en water gemeng

Metode:
Sif droë bestanddele saam. Sny botter in. Meng met melk tot taamlike sagte deeg. Plaas op meelbestrooide plank en knie liggies. Plaas in gesmeerde broodpannetjie en druk effens gelyk. Borsel eier- en melkmengsel oor. Laat staan vir 15 min op warm plek. Plaas ‘n lag aluminiumfoelie oor pannetjie en bak vir 15 min by 200 grade Celsius of 400 grade Fahrenheit., verwyder die foelie en bak verder vir 30 min tot ligbruin bo-op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 255 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui