Blindes lei blindes.  2

Dinsdag 23 Oktober.2018 Tema: Blindes lei blindes.  2

**** My eie woorde

**** In vandag se gedeelte praat Jesus met die Fariseërs oor ‘n paar goedjies. Ek verbaas my keer op keer dat daar in een teks gedeelte soveel inligting is. Kom ons lees dit.

Matt 23:23  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

**** Eerstens spreek Jesus hulle aan naamlik, die predikante van daardie tyd wat die skrifte moes ken en dan noem Hy hulle “geveinsdes” Daarna motiveer Hy waarom Hy hulle so noem. Hy sê “want”  julle gee aandag aan die klein goedjies. Hulle  gee selfs tiende op kruie, maar dan spreek Hy hulle ernstig aan deur te sê die swaarste  deel van die wet laat julle na en nou noem hy drie dinge –reg barmhartigheid en trou. Wanneer Hy sê die swaarste deel beteken dit nie dat dit moeilik is nie,  maar dat dit soveel meer gewig dra. Dan net om seker te maak dat hulle verstaan sê Hy, julle moet hierdie doen, naamlik tiendes gee,  sonder om die ander na te laat . Soms kan ons ons beroem op wat ons doen, maar dit blyk hieruit dat die HERE ag gee juis daarop, wat ons nalaat om te doen en dit het te doen met die hart. Kyk hoe mooi verduidelik die Engelse weergawe dit.

“and have omitted the weightier matters of the law, judgment, mercy, and faith:” (KJV)

**** Dit praat van regverdige oordeel , genade en geloof. Kyk wat sê Jeremia

Jer.17:10  Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

**** As ek dit kan saamvat sê die HERE Hy hou elkeen van ons dop, selfs die motief waarom ek iets doen, en dan sê Hy ek sal ontvang volgens die gevolge daarvan. Wat ‘n geweldige verantwoordelikheid. Dit gaan nie net oor my nie, maar dit gaan oor die gevolge van my doen en late.

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader wat in die hemel woon, ons is skuldig voor U. Daar is soveel wat ons moet doen maar ons laat dit na en dan is daar goedjies wat ons doen, wat U Naam soveel skade aandoen. Help ons om met die gesindheid van Christus in U diens te staan vandag, met  regverdige oordeel, genade en geloof. Ek bid vandag vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter Q begin. Wil U hulle kragtig aanraak om staande te bly teen die aanslae van die bose . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui