Moussake (Griekse gereg) ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 48 porsies

Besatnddele
6 kg Gemaalde beesvleis
120 ml Kookolie
12 Uie, fyn gekap
15 ml Varsgemaalde knoffel
1 Liter rooiwyn
8 Lourierblare
20 ml Droë basiliekruid (60 ml as jy vars verkies)
300 ml Varsgekapte pietyersielie
300 ml Tmatiepasta
8 x 410 g Blikkies gekapte tamaties
10 ml Cayennepeper
30 ml Sout
15 ml varsgemaalde swartpeper
30 ml Suiker
12 Middelmatige eiervrugte in dun skywe gesny
90 g Parmesaankaas

Béchamelsous:
3 liter Melk
2 Uie, grof gerasper
15 Swartpeperkorrels
10 Lourierblare
3 Wortels, in stukkies gesny
350 g Botter
300 ml Koekmeel
15 ml Sout
3 ml Witpeper

Metode:
Sny die eiervrugte in skywe en sprinkel sout oot. Laat staan 30 inute om die vog te dreineer.. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die vleis bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag. Voeg die warm wyn, lourierblare, basiliekruid, pietersielie, tamatiepasta, tamaties, geurmiddels en suiker by. Verlaag die hitte, plaas die kastrol se deksel op en prut vir 45 minute.

Sous:
Kook die melk, ui, peperkorrels, lourierblare en wortels vir 10 minute oor lae hitte. Giet die melk deur ‘n sif en hou die melk eenkant. Verhit die melk Smelt die botter en voeg die geurmiddels by. Meng deeglik om ‘n roux te vorm. Voeg die roux by die gegeurde melk, terwyl deurentyd geroer word. Verhit tot kookpunt en prut tot die sous verdik.

Spoel die eiervrug onder lopende water af en blansjeer die eiervrug. Pak vleismengsel, béchamelsous en eiervrug in afwisselende lae in ‘n oondpan en eindig met ‘n laag béshamelsous. Strooi die parmesaankaas oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 48 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 144 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui