Rika Theron

KORS: Enige deeg.

VULSEL: 500 g gemaalde varkvleis,
250 g gemaalde spekvleis,
1 1/2 k melk, 3 eiers, geskei,
2 k gerasperde kaas,
1 t mosterdpoeier,
1/8 t rooipeper,
1 e mielieblom.

Metode
Meng melk en eiergele. Voeg vleis, spek, kaas, mosterd en rooipeper by. Klits eierwitte styf en vou in mengsel. Voeg mielieblom net so droog by vulsel en giet in kors. Bak (170°C) vir 1 1/4 uur tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 82 times, 1 visits today)
Advertisements
 

3 Thoughts on “VARKVLEIS-EN-KAASSOUTTERT (6 porsies)

  1. Judith on Oktober 16, 2018 at 3:25 NM said:

    Goeie dag, kan iemand asseblief verduidelik wat die verskil is tussen meelblom mielie blom? Ek sal dit opreg waardeer.

    Dankie baie.

    Judith

     
    • Goeidag Judith,

      Meelblom is koekmeel (flour) en mielieblom (corn flour) is soos maizina. Koekmeel word van koring gemaak wn mielieblom van mielies.

       
  2. Judith on Oktober 16, 2018 at 4:37 NM said:

    Baie dankie. Verstaan nou beter.

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation