HOENDER-EN-MANGOKASSEROL

Rika Theron
6 porsies

Bestanddele:
30 ml botter,
1 ui, fyngekap,
2 mango’s, geskil en in stukkies gesny,
2 ml paprika,
10 – 15 ml kerriepoeier,
40 ml koekmeel,
275 ml hoenderaftreksel,
250 g knopiesampioene, fyngesny,
250 ml dik room, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak,
1,3 kg hoenderborsies, ontvel en ontbeen en in stukkies gesny.

Metode:
Verhit oond (180°C) en smeer ‘n oondbak van 27 x 30 cm met margarien. Verhit botter en soteer ui en mango 1 minuut lank. Voeg paprika en kerriepoeier by en roerbraai ‘n verdere minuut lank. Voeg meel by en roer tot glad. Voeg hoenderaftreksel by en verhit tot kookpunt terwyl geroer word. Voeg sampioene by. Wanneer sous verdik en gaar is, verwyder van hitte en voeg room by. Rangskik hoenderstukkies in oondbak, giet sous oor en bak ongeveer 50 minute lank onbedek tot goudbruin en gaar. Dien op met rys of koeskoes en slaai of groente.

(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui