Mosterd Tong

Lynette Muller

Hierdie is altyd ‘n wenner. Vir somminge mense klink die idee van ‘n tong dalk grillerig, maar as jy dit op die regte manier gaarmaak sal jou gaste hulle vingers aflek. Hierdie resep is genoeg vir ses mense en vat 15 minute om voor te berei.

Bestanddele
30 ml olie,
60 ml mosterdpoeier,
125 ml suiker,
2 ml sout,
250 ml kookwater,
250 ml mayonnaise,
sap van 1 suurlemoen,
125 ml wit druiwe-asyn,
30 ml koekmeel,
Twee gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny,
125 ml sagte broodkrummels. . Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sous:
Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.

Tong:
Pak die tongskywe in ‘n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 633 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui