PLATRIB-ROL MET SPINASIEVULSEL

Lynette Muller
Hierdie rol lyk waarlik indrukwekkend op die Kerstafel.
Bereiding: 20-25 minute
Gaarmaaktyd: sowat 2 uur

Bestanddele
15 ml (1 e) olie
125 g spekvleis, in blokkies gesny
2 preie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en vars gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) vars tiemie
125 g spinasie, fyn gekap
75 ml (5 e) vars witbroodkrummels
60 g bloukaas, gekrummel

*VLEISROL
1,5 kg beesplatrib, ontbeen
40 ml vars suurlemoensap
500 ml (2 k) droë witwyn
geroosterde groente vir opdiening
Voorverhit die oond tot 160 °C.

*VULSEL
Verhit die olie in ’n pan en braai die spek, preie en knoffel ’n paar minute. Geur met sout en peper en verwyder van die hitte. Laat dit effens afkoel en voeg die tiemie, spinasie, broodkrummels en bloukaas by.

*VLEISROL
Plaas die vleis op ’n skoon werkoppervlak en skep die vulsel bo-op. Versprei die vulsel sodat die hele oppervlak bedek is en druk die vulsel effens plat met jou hand sodat dit makliker rol. Rol die vleis op en bind dit vas met tou.

Plaas die rol in ’n groot oondbak en geur buite-om met sout, peper en suurlemoensap. Voeg die witwyn by. Oondbraai 2 uur of tot die vleis gaar is. Laat staan die vleisstuk 10 minute voor jy dit in skywe sny. Sit voor met geroosterde groente.
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 34 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui