APPELKOOSBESKUIT.

Lynette Muller 

Eksperimenteer met verskillende geure deur die jogurt in die resep te vervang met ’n koppie Bulgaarse jogurt of karringmelk wat jy in ’n versapper saam met ’n ½ koppie vars appelkose, bessies of ander vrugte pols.

Appelkoos gee die´ luukse beskuit ’n ongewone soetsuur geurtjie wat baie lekker is saam met ’n koppie rooibostee.

Bestanddele
1 koppie botter
¼ koppie suiker
½ koppie melasse
2 eiers
1 koppie appelkoosjogurt
4 koppies (500 g) bruismeel
1 koppie droëappelkose, gesnipper
1 koppie muesli
1 koppie Special K- of Oaties-vlokkies

Metode
1.Smelt die botter en meng dit goed met die suiker, melasse, eiers en jogurt.

2.Meng die res van die bestanddele in ’n groot bak saam, voeg die jogurtmengsel daarby en meng alles goed deur.

3.Gooi die beslag in een groot, gesmeerde broodpan en bak dit in ’n oond van 180 ºC vir 45-60 minute of tot deurgaar.

4.Keer dit op ’n droograk uit en laat dit afkoel voordat jy dit in stukke sny.

5.Pak die stukke op ’n bakplaat wat met bruinpapier uitgevoer is, en droog vir minstens 3 uur teen 100 ºC.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 92 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *