Die Pad huis toe 3

Woensdag 9 Jan. 2019 Tema: : Die Pad huis toe 3

**** My eie woorde

**** Môre môre almal. Heerlike Woensdag in Gauteng waar die skole weer begin. Vanmôre wil ek vir al die Mammas sê,  julle is kosbaar en word waardeer al het niemand dit vandag vir julle gesê nie. Dit herinner my dat ons Hemelse Vader ook so is, maar verseker ontelbaar meer. Ons kan ook enige tyd, dag of nag na Hom toe gaan en bakhand voor Hom gaan staan en Hy is daar vir jou en my. Iemand herinner my gister aan hoe min geloof ons eintlik moet hê, net so groot soos ‘n spikkeltjie –’n mosterdsaadjie. Neem in geloof vandag hierdie woorde en hou daaraan vas. Hy belowe, Hy sal jou leer wanneer jy moet kies, Hy sal jou raad gee en Sy oog is op jou. Prys die HERE vir so belofte.

Ps_25:12  Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.

Ps_32:8  Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; My oog sal op jou wees.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader groot en heilig is U Naam. Baie dankie vir daardie plekke waar die reën so heerlik uitgesak het. Dankie vir ‘n nuwe skooljaar. Vandag het ons U so nodig. Daar is kinders wat nie het nie, omdat ouers nie het nie. Wil U kragdadig voorsien soos slegs U dit kan doen. Ek bid spesiaal vir diegene wie se naam met die letter C begin. Net U weet wat hulle uitroep vandag is, versterk hulle geloof sodat hulle opnuut die pad Huis toe kan aandurf. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 37 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui