Die Pad huis toe 4

Donderdag 10 Jan. 2019 Tema: Die Pad huis toe 4

**** My eie woorde

**** Daar is geen beter keuse wanneer ons die pad van die Nuwejaar betree as dit wat Elia gekies het nie. Onthou om iets te sê is een ding mmar om te doen, is totaal iets anders. Dit verg geloof toewyding en baie trane om op die pad van God te bly. Ek verneem van iemand dat die Sataniste aan die begin van die jaar, 21 dae vas om planne te maak vir die jaar. Satan is mos ‘n na-aper Ek vra bid 5-UUR elke oggend saam, om skoon te maak en reg te maak vir die jaar en so weerstaan ons ook die bose. Ek weet daar is baie wat dit doen, waarvan ek nie eers weet nie. Dis kosbaar want God weet dit en Hy hoor en Hy verhoor. Onthou die pad voor kan soms donker raak want die vyand wil ons laat struikel . Wees verseker, ons Skepper is lig en laat duisternis opklaar.

2Sam22v29  Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar.

1Kon. 18:21  En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! (**** Maar dan hierdie tragiese woorde) Maar die volk het hom niks geantwoord nie.

**** Kom ek en jy antwoord soos ons vind in:

Hand_9:10  En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader , baie dankie vir U geduld en genade met sondaars soos ons. Baie dankie vir soveel beloftes in U woord waarop ons kan reken en weet U sal die duisternis laat opklaar want U is lig. Ek bid vir elkeen wie se naam met die letter D begin op ons poslys. My Vader wil U hulle ‘n ligbaken vir U koninkryk maak en hulle geestelik sterk hou . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui