Die Pad huis toe 5

Vrydag 11 Jan.2019 Tema: Die Pad huis toe 5

**** My eie woorde

**** Miskien het jy ook al ‘n pad in jou lewe gesoek. Deesdae het meeste ‘n GPS of Google padkaart. Wanneer mens die pad ken is dit baie makliker, want wanneer die stem sê draai links kan jy regs draai want jy ken die regte pad huis toe. Dis so op ons lewens pad ook. Die vyand wil ons laat wegdraai van ons bestemming. Hy doen dit dan ook soos met Eva. Gebruik die HERE se woord maar verdraai dit so bietjie. Toe Jesus gevas het en Satan Hom in die woestyn versoek het, haal hy skrif aan, maar weereens verdraai hy dit soos dit hom pas. Ons moet die woord lees en daaroor bid en seker wees ons het waarheid. Indien Christus na Satan se verdraaiing geluister het, was ek en jy en die mensdom verlore.

2Tim_2:15  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Mark_13:5  En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.

Joh_14:5  Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader ons kom na U deur die verdienste van U Seun en ons Verlosser Jesus Christus. Waarlik Hy is die weg die waarheid en die lewe Huis toe. Mag ons en elkeen op die poslys gereed wees wanneer Hy kom. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter E. Moontlik ervaar hulle soms eensaamheid, dalk het hulle baie onsekerhede . Gee hulle spesiaal vandag daardie sekerheid U is by hulle U woon in hulle deur die Heilige Gees, U sal hulle nooit begewe of verlaat nie. In Jesus se Naam. Amen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 45 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui