GEMMERBROOD:

Anna Eksteen

Bestanddele
250ml olie 
3 eiers
250ml gouestroop  
250ml louwarm water
5ml koeksoda opgelos in 60ml louwarm water
750ml koekmeelblom
knippie sout
5ml bakpoeier
15ml fyn gemmer
10ml gemengde speserye
250ml suiker

Metode
Voorverhit die oond tot 180C.  Smeer twee broodpannetjies met margarien. Klits die olie, eiers, gouestroop en water saam in ‘n mengbak tot goed gemeng. Sif die droë bestanddele een vir een oor en voeg dan die suiker by. Klits tot goed gemeng, sowat 5 minute. Giet in voorbereide panne.

Bak sowat 45 minute lank of totdat ‘n mespunt skoon uit die middel van die brood kom. Laat effens afkoel en keer op ‘n draadrak uit. Laat heeltemal afkoel en bedien met botter.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui