Geroosterde patat met jogurtsous

Toks en Tjops

Bedien: 6 porsies Kooktyd: 45 minute

Bestanddele:
3 groot patats
45ml PnP Ekstra Suiwer Olyfolie
4 knoffelhuisies, gesny
30g vars tiemie
sout + swartpeper

Vir die jogurtsous:
125ml PnP laevet jogurt
30ml Dijon-mosterd
90ml heuning
½ teelepel peper
½ teelepel sout
15ml suurlemoensap

Voorbereidingsmetode:

Berei ’n direkte vuur van matige hitte voor.
Om die patats te maak, halveer die patats en maak snye daarin. Plaas die patat-helftes op foelie en voeg olyfolie, knoffel, tiemie, sout en swartpeper by.

Maak die patats in die foelie toe en plaas direk op die kole en laat vir 30 minute of tot sag braai.
Om die jogurtsous te maak, voeg al die bestanddele in ’n glasbak saam en klits tot goed gemeng.
Wanneer die patats gaar is, gooi die sous bo-oor en bedien as bykos by die braaivleis.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 76 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui