KERRIEVIS

Lynette Muller

Bestanddele Sous
275 ml asyn – meer of minder na gelang van die sterkte wat u gebruik.
30 ml appelkooskonfyt
125 ml water
10 ml sout
25 ml kerriepoeier – matig sterk
2 – 5 ml peper
50 ml suiker
100 g sultanas
25 g margarien of botter
10ml borrie
4 Lourier of suurlemoenblare.

Bestanddele Vis
6 Groot uie
2 Kg stokvis in mote gesny en met sout en peper besprinkel.

Metode Vis
Bak gaar in vlak warm olie.
6 Groot uie in ringe gesny en in bietjie olie en margarien gebraai tot gaar. (Maar nie bruin nie.)
Pak gaar vis wat in netjies porsies gebreek is en grate verwyder is, in ‘n erde of glashouer in lae om die beurt met gesmoorde uie.

KERRIESOUS:
Berei voor in dieselfde pan waarin die uie gesmoor is.
Smelt margarien oor lae hitte, braai droë bestandele effens daarin, roer appelkoskonfyt by, voeg lourierblare en sultanas by en dan die asyn en water.
Bring stadig tot kookpunt, kook ongeveer 10 minute en gooi oor voorbereide vis.

N.S. Proe gerus eers of die sous nog ‘n bietjie asy, sout of suiker benodig. Die sous mag effens verdik word met ± 12 ½ ml meelblom wat saam met die droë bestandele gemeng is, maar dit is nie aan te beveel as u die vis vir ‘n redelike lang tyd wil bewaar nie.

Hierdie vis word, nadat dit afgekoel het, bedek en in yskas geplaas. Gereed na sowat 3 dae.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 99 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui