Kom ons bid 1

Maandag 14 Jan.2019 Tema: Kom ons bid 1

**** My eie woorde

Goeiemôre almal. Terwyl die voëltjies kwetter in die bome sê ek welkom aan almal wat vandag eers begin werk. Met al die eposse wat teruggekom het, was daar nog baie met verlof verlede week. Hierdie jaar is vir my net weer ‘n aanmoediging om te bid. Ons trek nou maar in die tweede week van die jaar maar ek kan reeds getuig hoe die HERE wonderbaarlik gebed verhoor het. Elke krisis in jou lewe sê vir jou VRA vir Jesus! Ek en jy sien nie die groter prentjie nie, ons sien net dit wat hier met ons gebeur.

Ps. 17:1  HERE, hoor ‘n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.

2 Kron.16:9(a) want die HERE—Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;..

**** Onthou Hy antwoord dalk nie dadelik, of soos ek en jy verwag nie, maar Hy hoor elke uitroep en opregte smeking om hulp. Ons het so pas gelees dat my en jou hart onverdeeld op Hom gerig wees moet wees. Het jy al gebid en jou gedagtes dwaal? Bid dan hardop.

Is jou hart onverdeeld of verlang jy daarna wat jy mis omdat jy die HERE wil dien?

Gal.6:14  Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.

GEBED vir VANDAG F

Onse groot en Heilige Vader, baie dankie dat U hoor en luister na die opregte smeking van ons hart. Laat U wil in ons lewens geskied vandag. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter F .HERE kyk in hulle harte, nie net wat hulle nodig het nie, maar wat die beste vir hulle sal wees. Seën hulle dan tot eer van U Naam. In Jesus se Naam vra ons dit. Amen

Geseënde daggie en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui