Kom ons bid 2

Dinsdag 15 Jan..2019 Tema: Kom ons bid 2

**** My eie woorde

**** Wat vir my baie interessant is , is dat wanneer ek en ander besluit dit gaan ‘n tyd van toewyding en gebed wees, is dit skielik asof alles verkeerd loop. Dis soos ‘n veldbrand, sodra jy die een vuur doodgeslaan het, spring daar op ‘n ander plek ‘n ander een uit. Dan kom die vrae mos in jou gedagtes, WAAROM? Die HERE het mos die mag om alles te keer en jy bid dan nou?. Daar is seker verskeie redes, maar wat ek ervaar, is dat ons nie agter die skerms sien nie. Daar is voortdurend ‘n oorlog aan die gang oor my en jou, tussen God se engele en die bose engele. Ons sien dit in Daniël, dat daar vir 21 dae tydens Daniel se vastyd oorlog was. So wat sê dit vir jou. Hou aan bid Christus is ons krag.

Dan 10:12  Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; V13  maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.

Efes. 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

1Tess.5:17  Bid sonder ophou.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader baie dankie vir U groot liefde genade en guns oor ons. Baie dankie dat ons daardie sekerheid het dat ons U aan ons sy het wat in die onsienlike vir ons stry. Ek bid vir elkeen wie se naam met die letter G begin. Help hulle om duidelik U stem te hoor “ Dit is die weg wandel daarop” Ek bid vir elkeen op die 5-Gebedsgroep waar hulle ook mag wees. U ken hulle by die Naam. Hoor en verhoor elke gebed en seën hulle met ‘n hemelse seën. In Jesus Naam. Amen

Geseënde daggie aan elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *