SOUTTERT

Rika Theron

KORS:
Klop 2 teelepels olie en 125 g botter saam. 
Klits eier hierby en klits baie goed saam. 
Sif 2 k meel, 2 t bakpoeier en 1/4 t sout by en meng goed. 
Druk sagte deeg in ‘n tertpan uit. 
Bak in matige oond tot net gaar. 
Skep vulsel in en plaas terug in oond sodat vulsel kan gaar word.  

VULSEL:
Smelt 2 1/2 e botter in ‘n kastrol en roer 2 e meel, knypie rooipeper en 1/4 t sout in. 
Meng goed en roer ‘n groot blik Idealmelk bietjie-bietjie by. 
Haal van stoof af en klits goed. 
Plaas terug en laat net opkook. 
Laat afkoel en roer 2 geklitste eiergele in.
Rasper in ‘n bak die volgende: 
2 Weense worsies,
1 k Cheddarkaas,
3 repe spekvleis,
1/2 k polonie,
1 klein ui en pieterselie. 
Voeg hierdie mengsel by sous en vou in. 
Vou styfgeklopte eierwitte in. 
Skep in gaar kors en bak in matige oond (180°C) net tot vulsel gestol het.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 272 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *