Sy Genade is genoeg 2

Dinsdag 29 Jan.2019 Tema: Sy Genade is genoeg 2

**** My eie woorde

****Oor die algemeen ervaar almal deesdae dat die wêreld een deurmekaar plek is.  Dis mos of alles in een oomblik gebeur. Buiten dat dit dalk die oggend wild gaan by die huis, kom jy by die werk en alles loop skeef. Daarmee saam al die politieke nuus en asof dit nie genoeg is nie, kom gooi die vyand jou hede en jou verlede voor jou. Hy grawe al jou ou sonde uit en vertel jou hoe sleg jy is, en daardie oomblik voel  jy mos jy sal dit nie maak nie. Jy besef niks wat jy doen, kan tog regmaak wat jy verbrou het nie. Dit bring ons dan daarby wat ons gister oor gepraat het. Genade. Ons verdien dit nie, ons kan dit nie koop nie, ons kan nie daarvoor werk nie. Dis ‘n geskenk. Ek wil hê jy moet vanmôre die Here se stem hoor wanneer Hy vandag vir jou sê soos Hy deur Sy engel destyds vir Maria gesê het. Kom ons lees dit .

Luk. 1:30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.

**** Dit is Christus se woord vir jou, wanneer jy voel jy wil opgee. Hy sê vanmôre vir jou, jy het genade by God gevind. Die vraag is, gaan jy dit in geloof aanvaar of nie. Net jy kan vir jou self antwoord. 

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader, vanoggend weet ons met ‘n vaste sekerheid, ons verdien nie U genade nie. Ons is dit nie werd nie. Nogtans het U ons so liefgehad dat U juis U enigste Seun gestuur het om ons te kom verlos van die slawerny van sonde. Baie dankie vir U genade. Ek bid vir elkeen onder die letter Q. Maak hulle vandag opnuut bewus van U groot genade. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 35 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *