Ek kies vandag… 1

Maandag 11 Feb.2019 Tema: Ek kies vandag… 1

**** My eie woorde

****Hierdie dag lê voor my en jou. Wat ons daarmee doen bly my en jou keuse. Die probleem is juis, dikwels kies ons reg, maar ons optrede vertel iets anders. Is ek en jy nie maar soos Israel van ouds nie. As die storms oor ons toesak besef ons die HERE is nou besig om met ons te praat . Ons maak keuses en sommige belowe: HERE ons sal dit en dat doen. Dan soos tyd aangaan vervaag ons beloftes en geleidelik gaan ons maar weer aan op die ou trant. Dan gaan dit weer slegter en op ‘n dag is die krisis net teveel en ruk ons tot stilstand en begin ons eers blameer en later besef ons , maar eintlik praat die HERE met MY. Nogtans sê die woord dat God juis wil hê ons moet ten volle na Hom terugkeer, nie net as dit sleg gaan nie .

Deut. 4:30  As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.

Jos. 24:15  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader groot en Heilig is U Naam. Hier is ons weer vanmôre in U teenwoordigheid, skuldig. Hoeveel keer het ek en elke een wat hier lees of luister al gesê: “Ons sal U dien”  Soos Israel vanouds verval ons weer. Wat meer kan ons sê as dankie vir U genade, dat ons nog die voorreg het om terug te kom. Ek bid spesiaal vanmôre vir elkeen onder die letter B op ons poslys. Onse Vader, U het hulle by die naam geroep. Voordat ons gebore is, het U ons al gesien. Help hulle om met ‘n vaste tred in U wil te bly, al is dit hoe moeilik. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 24 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *