Ek kies vandag… 2

Dinsdag 12 Feb..2019 Tema: Ek kies vandag… 2

**** My eie woorde

**** “Gee vir my die sout aan asb.” Bekende woorde nê. Vandag kan ek kies of ek woorde met sout besprinkel gaan uiter of woorde wat smakeloos en waardeloos is. Ek ken mense wat dink voordat hulle praat en elke woord met oorleg sal sê. Dan is daar mense soos ek, praat soms te haastig of voordat ek mooi gedink het. Agterna dink jy dat jy dit so anders kon sê . Mag die HERE ons elkeen help vandag om “sout” woorde met ander te deel.

Lukas 14:34  Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

Kolossense 4:6  Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader, baie  baie dankie vir die wonderlike reën wat uit U Genade hand gekom het. Wil U ook daar waar die reën nog nodig is uitkoms stuur. Vandag kies ons om woorde met smaak te deel wat ander sal voed en versterk. Help ons asseblief daarmee. Ek bid dan vandag spesiaal vir diegene wie se naam met die letter C begin. Onse Vader dikwels loop ons met vriendelike gesigte maar ons harte dra swaar.  Wil U gee dat hulle elkeen vandag hulle las by U voete sal lê sodat dit lig en sag kan word. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

Ek het gister nog 15 pakkies met gratis  CD’s gepos. Wanneer jy alles ontvang het behoort jy 13 in getal te hê. Nr.’s 1 en 2 het ek nou op een CD geskryf om te spaar, so dan sal jy 12 CD’s hê indien jy so pakkie ontvang. Indien jy CD’s kort kan jy my laat weet.

Mooi bly almal.

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 37 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *