Ek kies vandag… 3

Woensdag 13 Feb. 2019 Tema: Ek kies vandag… 3

**** My eie woorde

**** Vandag kan ek kies om my te bekommer oor dit en dat en wat ookal…. Tog gaan niks verander nie. Of ek kan dit alles voor Jesus se voete lê met gebed smeking EN danksegging …dan sal Sy vrede my dra. Wat gaan ek en jy bedink… rig jou denke hemelwaarts dis ‘n keuse of kyk om jou en verval in donkerte… Kyk op Hy kom!!!

Fil 4:6  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. 8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Joh.14:27  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader baie dankie vir U vrede wat ons vul wanneer ons rus by U vind. Ons weet met ‘n vaste vertroue U bly in beheer en kan daarom uit ons harte sê, Laat U Wil geskied.  Ek bid spesiaal vanmôre  vir elke een op die poslys wie se naam met die letter D begin . Heilige Vader wil U hulle opnuut daardie versekering gee U is daar vir hulle. U is die begin en die einde en die antwoord op elke vraag. In Jesus Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen .

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *