Ek kies vandag… 4

Donderdag 14 Feb.2019 Tema: Ek kies vandag… 4

**** My eie woorde

****Veronderstel jy ontvang vandag ‘n boodskap en dit lui soos volg: Ek kom vandag in jou huis bly, verwag my 5 namiddag(17:00) Groete Jesus.  Nou-ja verseker kan ons mos nou almal sê wat die Bybel ons leer dat dit is nie moontlik nie, want die waarskuwing is daar dat dit die vyand kan wees. Ons moet net onthou dat die onsigbare Gas in ons huis, by ons etenstafel, in ons sitkamer, voor jou rekenaar, by jou werkplek by al jou gesprekke is.  Is ek en jy gemaklik daarmee? Is daar tye waar jy moet sê: HERE verskoon my … maar hierdie ene is privaat. Kyk wat het met Saggeüs gebeur. Kyk hoe tree hy op. Dis nogal iets om oor na te dink.

Luk.19:5  En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. 6 Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.

Sag. 2:10  Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die HERE.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader wat in die hemele woon. Ons moet bely dat indien ons eerlik is vandag, het ons U al so diep teleurgestel  met alles wat ons doen en sê en selfs plekke waar ons gaan, waar ons nie hoort nie. Ons kies U vandag. Wees ons genadig en was ons skoon deur Jesus se bloed, maar meer as dit verlos ons van sonde. Ek bid vir elkeen onder die letter E vandag. Wat ook al hulle nood , behoefte of uitroep na U is, hoor en verhoor volgens U wil en genade. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 11 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui