Standvastig 4

Donderdag 21 Feb. 2019 Tema: Standvastig 4

**** My eie woorde

**** Alles wat in die Skrif opgeteken is, is daar om ons te leer en dit gee vir ons standvastigheid. Dit gee ons moed om te bly hoop. Dan dié kosbare gedagte, dat die eintlike Bron van ons standvastigheid ons Hemelse Vader is. Dit bly vir my onverstaanbaar en eintlik asemrowend. Hoe werk God se liefde? In vandag se lewe sien ons net die lelike deel. Dis haat en nyd, vergelding, kwaadpraat, woede en so kan ek aangaan. Kyk hoe werk Hy in Sy almag. Hy gee vir ons ‘n opdrag en dan kom help Hy ons nog om dit uit te voer. Sy Seun ontvang die vreeslikste marteling en straf vir my sonde, wat Hy nie eers gedoen het nie, en ek en jy  ontvang die loon wat Hy deur en deur verdien. Dit is ware liefde deur en deur!

Rom. 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees. 5 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. 6 Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

Spr.20:22  Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.

GEBED vir VANDAG J

Onse Vader wat in die hemele woon, laat U wil geskied en kom help ons om U liefde weer aan ander te gee, omdat U ons so lief het, meer as wat ons kan verstaan. U is regverdig  en goed en vol van genade en ons verstaan dit nie. Ek bid vanmôre vir elkeen wie se naam met die letter J begin. My Vader vandag het hulle U hulp nodig op een of ander spesiale manier. Wys vir hulle die pad en rigting aan. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

(Visited 29 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui