Gebed het waarde  1

Maandag 4 Maart 2019 Tema: Gebed het waarde  1

**** My eie woorde

**** Die afgelope tyd was ons ‘n paar mense wat elke oggend 5 uur saam gebid het vir God se wil, en dan om te weet alles sal ten goede meewerk . Dan kom die vraag by mens op, het gebed waarde want soveel het hulle hartseer verhale in hierdie tyd met my gedeel . Ons bid dan? Hoe gebeur al die goed dan juis nou, terwyl ons almal bid. Nou het ek ‘n vraag. Toe Jesus in die grootste nood verkeer as mens, vra Hy Sy dissipels om saam te bid. Indien Hy, wat sondeloos was, graag met Sy Vader wou praat en wou waak en bid, hoeveel te meer nie ek en jy nie. Ons het aan die begin gesê dat ons in geloof sal aanvaar alles sal ten goede meewerk. Daarom wil ek aan elkeen die versekering gee, dit maak nie saak waar deur jy nou gaan nie, wanneer jy vorentoe kom en terug kyk, sal jy met ‘n vaste sekerheid kan sê “ Ook hierdie situasie het op die regte tyd gebeur en het ten goede mee gewerk“  Dit mag dalk nie nou vir jou so lyk nie, maar wees verseker, later sal jy verstaan.

Matt 26:41  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. 42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied. 43 Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar.

**** Dan die ernstige vraag. Is ek en jy ook te moeg om te bid. As Jesus by ons kom draai, vind Hy ons ook aan die slaap?

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader, wanneer ons dink dat U geliefde Seun U aangesig gesoek het in gebed en vir ons ‘n voorbeeld nagelaat het, dan staan ons skuldig dat ons te min bid. Vanoggend bid ek spesiaal vir hier land en sy mense. Ek bid vir die aan bewind van hierdie land. Ek bid vir al die ongeregtigheid wat tans geopenbaar word. Ek vra Vader, laat U wil geskied soos in die hemel net so ook op hierdie aarde en ook in Suid-Afrika. Ek bid spesiaal vir diegene wie se naam met die letter Q begin. Hou hulle standvastig en getrou totdat Jesus kom. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui