GEVORMDE  APPELSLAAI

Rika Theron

Betsanddele
1 pakkie appel- of suurlemoenjellie
1 k kookwater
1/2 k koue water
3 e mayonnaise
1 1/2 t suurlemoensap
1/2 t sout
2 medium appels, fyngekap
1/3 k fyngekapte seldery
1/4 k gekapte okkerneute.

Metode
Los jellie in kookwater op.  Voeg koue water by en verkoel tot dit begin styf word.  Voeg mayonnaise by en klits tot skuimerig.  Vou suurlemoensap, sout, appel, seldery en neute in.  Gooi in nat vorm en laat stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *