Maalvleis in aartappel

Woumarie

MAALVLEIS:
Bietjie olie
700g maalvleis
1 Ui Gekap
5 Knoffelhuisie, gekneus
2 Selderystingels, fyn gekap
1 Groot wortel – in dun skyfies gesny
1 Tl tiemie
1 Tl Gemaalde koljander
1 Eetl Tamatiepuree
6 Groot aartappels
Sout en Peper na smaak
1 Blik Gekapte tamaties
Bietjie botter
Bietjie melk
Cheddar kaas – so koppie vol – gerasper
6 Groot aartappels, amper sag gekook – middel mooi uitgehol.
Sit eenkant in bakkie, voeg blertsie botter in . Sprinkel sout en peper, bietjie melk, druk fyn.

METODE:
Maalvleis : Verhit olie in kastrol en soteer ui, knoffel,seldery en wortel tot ui net sag is.
Voeg maalvleis by en braai tot mooi bruin gebraai.
Voeg oorblywende bestanddele by, kook oor lae hitte, sonder deksel, tot vloeistof amper verdamp het.
Skep nou genoeg gebraaide maalvleis in uitgehode aartappels, so 3/4 vol. Vul op met fyngedrukte aartappels.
Sprinkel met kaas, maal vars peper bo-op. Bak in voorverhitte oond 180 C vir 20 min of tot goudbruin

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui