Tevergeefs 2

Dinsdag 12 Maart 2019 Tema:  Tevergeefs 2

**** My eie woorde

**** Vanoggend se woorde is baie ernstig en herinner ons weer daaraan dat ons elkeen ‘n vrye keuse het, maar ook dat daar net Een antwoord is en dit is Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker. As ons nie aan Hom vashou nie, is alles tevergeefs. Die enigste manier om aan Hom vas te hou, is deur Sy woord want dit sal teen ons opgeskryf staan in die laaste dag.

1 Kor.15 :1 Ek herinner julle broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2 Deur dié evangelie word julle ook gered, as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

Joh12 :46 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. 47 En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. 48 Wie My verwerp en nie My woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel.

GEBED vir VANDAG W

Onse Vader baie dankie dat U in U alwysheid ‘n oplossing vir sonde gereed gehad het. Daarmee saam, baie dankie Jesus dat U gekom het nie om ons te oordeel nie, maar om ons te red met U eie lewe. Dankie, vir U woord wat ons in vryheid nog mag en kan lees. Hoor en verhoor elke opregte uitroep en gebed na U vandag. Ek bid vir elkeen onder die letter W. Gee hulle die water van die lewe vandag en les hulle geestelike dors. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie aan elkeen en sterkte vir diegene wat saam vas.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui