GOD SE WOORD IN VANDAG SE WOORDE

GOD SE WOORD IN VANDAG SE WOORDE

Tussen nuus en fake news
Hallo Frik

Fake news raak al hoe groter en krap die wêreld deurmekaar. Tydens verkiesings word mense met soveel data van die kandidate gebombardeer, maar baie daarvan is glad nie waar nie. Wikipedia beskryf dit soos volg:

Fake news is a type of yellow journalism or propaganda that consists of deliberate misinformation or hoaxes spread via traditional print and broadcast news media or online social media. Fake news is written and published with the intent to mislead in order to damage an agency, entity, or person, and/or gain financially or politically, often with sensationalist, exaggerated, or patently false headlines that grab attention.

Dis erg hoe fake news as die waarheid opgeëet word. Dis skokkend om te sien hoe mense onwaarhede gebruik om ander ’n rat voor die oë te draai. As iemand vir jou nuus via WhatsApp aanstuur, moet ’n mens deesdae eers gaan seker maak of dit die waarheid is sodat jy nie jou naam met ’n plank slaan nie.

In Fin24Tech word daar ’n artikel geskryf met die volgende opskrif: ‘Fake news’ has become a business model, researchers say. Kan jy dit glo? Onwaarhede is nou al ’n besigheid waar mense geld maak deur te lieg. Waar gaan die wêreld heen!

Selfs die pous het nou sy stem begin dik maak met ’n artikel in die aanlyn koerant, CRUX, met die opskrif: Pope Francis want the Catholic Church to tackle fake news.

Maar dis niks nuuts nie. Onwaarhede word al van die begin van die aarde versprei. Ek kan nie verstaan waarom mense so iets doen nie. Kry hulle lekker as hulle mense op verkeerde paaie lei? Lag hulle in hulle mou om te sien hoe mense deur hulle liegstories na die donker gelei word en probeer rondtas na die waarheid?

Ek kan nie glo dat daar sulke mense bestaan nie. Maar hulle is wel daar, al van vroeg af: 2Hierdie mense sal nie eens omgee om hulle op allerhande verkeerde paaie te lei nie, want hulle het geen gewete meer oor nie. Hulle sal nie eens sleg voel oor al die godsdienstige onsin wat hulle verkoop nie.

Dan wonder ek hoekom mense so dwaas of onkundig is om agter onwaarhede aan te hol? Maar voordat ek te gou op die mense afkom, besef ek dat ek ook al geval het vir ander se onwaar stories … net om later te besef dat ek vir ’n pop gevat is. So koop ek eendag lank, lank gelede, ’n iPad teen ’n verskriklike goeie prys, net om later te besef dat daar geen appel in die iPad is nie …

Jy sien, die mense is só oortuigend. Met alles in hulle oortuig hulle vir jou ook en dan kan jy nie anders as om hulle te glo nie. Baie mense is al so van al hulle spaargeld beroof.

Die Engelse spreekwoord sê mos: If it is too good to be true, it probably is …

Dis ons elkeen se verantwoordelikheid om seker te maak dat ons nie ’n rat voor die oë gedraai word nie. Baie keer moet ons eers van die emosies ontslae raak voor ons ’n besluit neem. Ons moet eers ander se kommentaar kry om ’n goeie besluit te neem.

En ek vra ook vir God om my te help. Ek vra vir vrede. Ek vra dat die onsekerhede eers opsy sal staan en dat ek duidelikheid sal kry. Hiervoor moet ek eers net gaan stilsit, want die Heilige Gees is nogals nie bekend vir skree nie, maar eerder vir ’n sagte fluistering.

Teks

1 Tim 4:1-5

Dink bietjie hieroor

Is jy al om die bos gelei?
Hoe kan jy dit ’n volgende keer verhoed?
Bring die Heilige Gees vir jou vrede?

Gebed

Here, ons word so maklik om die bos gelei. Ons stap maklik agter mense aan wat lyk asof hulle alles weet. Beskerm ons teen hulle en help ons om ons verantwoordelikheid na te kom deur seker te maak dat ons op die regte pad is.  Amen.

Shalom
Gerjo Ben
Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward.

Jy kan ook info@kruispad.com in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.


GEBEDSVERSOEK
GEBEDSVERSOEK
PRAAT SAAM
PRAAT SAAM
RAAK BETROKKE
RAAK BETROKKE
ENGLISH
ENGLISH
VIDEOS
VIDEOS
WHATSAPP
WHATSAPP
ROADTRIP247
ROADTRIP247
DEPRESSIE101
DEPRESSIE101
Geen kopiereg – kan gratis versprei word.
Kliek hier om uit te druk | Print Email
Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui