Klassieke kaas-en-tamatie

Lynette Muller

Bestanddele
2 snye witbrood, aan die een kant gebotter
beleë cheddarkaas, dun gesny – ’n groenteskiller werk perfek
’n goeie ryp tamatie, in skywe gesny
’n paar dun skyfies uie
’n handvol sout-en-asyn-aartappelskyfies uit ’n pakkie

Metode
Pak jou lagie kaas op die sny brood se botterkant. Maar onthou, jou kaas moet dun gesny wees, want dan kom die geure na vore. Bedek dit met uie, maar nie te veel nie. Die ui moet die geure net uitlig, nie papmoker nie. Dan laat waai jy met die tamatie. Rond af met ’n lagie aartappelskyfies om als ’n lekker knars te gee, asook daardie pikante sout-en-asyngeur. Plak dit toe met die ander sny brood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui