Lemmetjieroomtert

Woumarie

Bestanddele
400 g broskorsdeeg

Vulsel
skil van 3 lemmetjies
500 ml (2 k) strooisuiker
9 eiers
250 ml (1 k) lemmetjiesap
250 ml (1 k) room
versiersuiker, vir bestuif

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n tertpan.

Vulsel:
Vryf die lemmetjieskil in die suiker om die olies vry te stel. Klits die eiers saam met die skilmengsel tot skuimerig. Roer eers die lemmetjiesap in en dan die room, en sit eenkant. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en voer die tertpan daarmee uit. Prik die bodem van die deeg met ’n vurk. Bedek die deeg met ’n stuk bakpapier en plaas droë bone bo-op. Blindbak die tertdop 10 min. Klits die vulsel ’n kort rukkie en verwyder al die groot borrels. Giet die vulsel in die tertdop en bak 40 min. of tot die tert net geset het maar steeds wikkel in die middel. Laat die tert 10 min. afkoel voor jy die deeg afsny wat oor die kant hang. Laat koel heeltemal af voor jy die tert uit die pan haal. Bestuif met versiersuiker.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *