SUIKERVRYE DADELBESKUIT

Lynette Muller

Bestanddele
250 g (1 pakkie dadels), gesnipper
250 ml (1k) water
500 g koekmeel
500 g volkoringmeel
50 ml (10t) bakpoeier
10 ml (2t) kremetart
5 ml (1t) sout
400 g botter of margarien
6 Weetbix-ontbytstafies (sout- en suikervry), gekrummel
500 ml karringmelk
2 ekstra groot eiers, geklits

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit n vierkantige pan of oondpan van 24 x 24 cm met kleefwerende kossproei of smeer liggies met margarien.

Kook die dadels in die kookwater tot sag en fyn en laat effens afkoel. Meng die droë bestanddele en vryf die botter in tot die mengsel soos growwe mieliemeel lyk. Roer nou die Weetbix by.

Klits die karringmelk en eiers saam en voeg by die droë bestanddele saam met die dadels. Meng goed (voeg ‘n klein bietjie water by as die mengsel te droog is) en skep in die voorbereide pan. Bak 50 – 60 minute lank tot gaar en ligbruin.

Keer uit en laat heeltemal afkoel. Sny in stafies en droog vir ongeveer 3 uur lank uit teen 100°C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 130 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *