Wat kos dit?  2

Dinsdag 9 April.2019 Tema: Wat kos dit?  2

**** My eie woorde

**** Carlos Ortiz vertel die storie soos volg ‘n Man sien ‘n pêrel en sê :Ek wil graag die pêrel hê, hoeveel kos dit? Die eienaar sê dis baie duur. Hoeveel? Dit kos baie. Dink jy ek sal dit kan koop. Wel, dit is baie duur maar almal kan dit koop . Maar ek dog jy sê dis baie duur. Wel, dit is. So wat kos dit ? Alles wat jy het. Uiteindelik het die man al sy geld, al sy besittings en eiendom opgenoem, maar dit was nie genoeg nie. Hy moes selfs sy gesin gee en uiteindelik sê die eienaar …o ja maar daar is nog iets, jy self behoort dan ook aan my. Jy kan steeds alles gebruik en geniet maar dit behoort aan my, so indien ek dit nodig het of wil weggee of wil gebruik, is dit my eiendom en kan ek daarmee doen wat ek wil Jesus het ‘n soortgelyke gelykenis vertel

Matt 13:45  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; 46  en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

**** Dit is wat dit beteken om ‘n volle oorgawe te maak. Daardie kosbare pêrel is Jesus Christus. Ek en jy  gee alles, maar geniet al die voordele daarvan om die eienaar persoonlik te ken. Daarom kan jy met vrymoedigheid na Hom gaan wanneer iets breek, of wegraak. Wanneer iemand siek is in jou gesin of ‘n behoefte het, kan ek met Hom daaroor praat want ek pas Sy goed op. Indien ons alles aan Hom oorgee ontvang ons al die skatte van die Ewige lewe saam met Hom eendag.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader, U het werklik alles gegee toe U Jesus vir ons gegee het. Help ons om alles vir hierdie kosbare Pêrel te gee wat ons met Sy lewe gekoop het. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter G begin op ons poslys. My Vader raak hulle aan met U hand van liefde en genade en seën hulle vandag volgens U wil en wete. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *