Wat kos dit?  3

Woensdag 10 April 2019 Tema: Wat kos dit?  3

**** My eie woorde

**** In vanoggend se gedeelte is dit so interessant. Jesus sê wat ook al jou las en sorge is, jou kruis wat jy dra, as jy nie jou kruis dra nie en sommer boedel oorgee kan jy nie Sy dissipel wees nie. Die deel wat ons miskyk is die belangrikste. Hy sê : “ Sy kruis nie dra EN agter My aankom nie “

Luk. 14:27  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

**** Nou voeg Hy iets by, kyk wat sê Hy

28 Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —

**** Weereens gaan dit oor keuses. Ek kan kies of ek nou skuld gaan maak en of ek geduldig sal wag totdat ek iets kan bekostig. Mense daar is soveel mense wat in skuld vas gevang is, want ek wil dit of dat NOU hê. Net so vang die vyand ons vas in die genot en plesier van die wêreld.

Rom.13:7  Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader vandag moet ons eerlik bely dat ons nie altyd doen soos U in U woord sê nie. Ons maak skuld en brand vas omdat ons nie die koste bereken het nie. Vergewe ons maar boweal help ons om te leef soos U woord ons leer. Help ons om altyd U altyd eerste te raadpleeg, voordat ons doen dit.  Ek bid vir elkeen onder die letter H op ons poslys. My Vader wanneer U in hulle harte kyk sien U raak wat nie een van ons raaksien nie , net U . Hoor en verhoor hulle gebede volgens U wil vandag.

In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

Nuwe You Tube video Deel 1.

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

 

You Tube:

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 38 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui