Aanvaarding 1

Maandag13  Mei 2019 Tema: Aanvaarding 1

**** My eie woorde

**** Dis mos baie maklik om dinge te aanvaar as alles goed gaan. Tog wanneer ons bootjie begin skommel en die eerste stormwaters tref hoe aanvaar ek en jy dit? Dalk het ons almal maar so bietjie van Job se vrou in ons.

Job 2:9  Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!

**** Eintlik blameer sy God. Wat sy eintlik sê is wat help dit tog om op Hom te vertrou en in Hom te bly glo, alles loop dan verkeerd in jou lewe . Dan antwoord Job haar met wysheid maar met die die grootste vertroue omdat hy weet in Wie hy glo.

v10  Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

**** Kan ek en jy aanvaar wat met ons gebeur, of rebelleer ons. Glo ons onvoorwaardelik, God bly en is nog steeds in beheer. Tydens die verkiesing het ons gesien hoe groot Sy genade is, maar die groot toets lê nou voor. Daar is baie beloftes gemaak vir stemme en as dit nie gebeur nie sal ons geloof weereens getoets word. Onthou net dit God doen nie halwe werk nie. Tweedens die hemel hou ons dop. Was ons net in toewyding en gebed omdat ons ietsie daaruit wou kry . Wel niks het gebeur nie so nou kan ons ontspan en weer op die ou trant aangaan. Nee verseker nie, want dit wys wat in ons harte aangaan. Onthou een ding, God vergeet nie  en Sy beloftes staan vas.

Heb.13:8  Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Ps 91:14  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader waarlik sien ons U hand in elke saak. Vanoggend kan ons sê soos Job. Ons aanvaar die goeie en die slegte want U is God. U sien die hele prentjie ons sien net ons deeltjie en verstaan so min. Baie dankie dat U onveranderlik is. Dankie dat ons weereens in geloof kan voortgaan. Opnuut besef ons vandag , hierdie pad is waarlik smal en daar is min wat dit vind. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter E op ons poslys. Ek vra dat U hulle sal omstraal met die lig van U teenwoordigheid en hulle daardie versekering sal gee, wanneer hulle in opregtheid na U uitroep dat U sal antwoord vêr bo wat ons bid op dink. Laat U wil geskied. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 9 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui