Klapper Biscotti, Ekstra groot

Biscotti is niks anders as die Italianers se weergawe van beskuit nie-
Ek maak graag hierdie klapper biscotti ekstra groot. sodat dit nie soos koekies lyk nie. maar soos ons beskuit ken.
Dis vinnig om te bak en baie vinniger om uit te droog as ons tradisionele beskuit, maar nét so lekker om in jou tee of koffie te doop!

• 150 8 sagte botter
• 250 ml witsuiker
• 10 ml vanieljegeursel
• 3 ekstra groot eiers
• 810 ml koekmeel
• 3 ml sout
• 15 ml bakpoeier
• 500 ml klapper

Voorverhit die oond tot 180C.
Voer twee bakplate met bakpapier uit en spuit liggies met kleefwerende kossproei.

Verroom die botter en suiker tot lig en romerig.
Voeg die vanieljegeursel en eiers by, en klits goed.
Voeg die res van die bestanddele by en meng tot ‘n hanteerbare deeg.
verdeel die deeg in twee ewe groot stukke en vorm elke stuk in ‘n oval vormige rol.
Sit elke rol op ‘n voorbereide bakplaat en bak vir 30 minute tot lig goudbruin.
Haal uit die oond en laat vir sowat 20 minute afkoel.
Sny elke stuk in snye van 1 cm dik, en pak die stukkies op dieselfde uitgevoerde bakplate. verlaag die oond temperatuur tot 150C en sit die bakplate terug in die oond.
Bak die biscotti vir nog 12 minute.
Draai elke stukkie om en sit dit weer in die oond vir nog 10-12 minute, tot goudbruin en bros.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre in ‘n lugdigte houer.

Lewer 24 ekstra groot biscotti

Bron en foto: Arina du Plessis
netwerk24.com/landbou

(Visited 53 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui