Vrugtekoek Broodjie

Lynette Muller

Bestanddele
100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
100 g rooi glanskersies, gekap
100 g vrugtekoekmengsel
50 g versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1∕3k) brandewyn
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1 ¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode
Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier. Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute. Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by. Meng goed en giet in die voorbereide pan. Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Rooifluweel Koek Koppie

Lynette Muller
Genoeg vir 2 koppies

Bestandddele
4 eetlepels bruismeel
6 eetlepels suiker
1 eier
5 eetlepels melk
3 eetlepels kookolie
4ml kakao
4ml rooi voedselkleursel
3ml vanielje-geursel

Metode.
Plaas alle bestandele in ‘n bakkie en klits goed. Verdeel die mengsel tussen twee koppies. Bak in die mikrogolfoond vir 2-3 minute. Die koek-koppie kan jy met ‘n skeppie roomkaas of room bedien

Print Friendly, PDF & Email
 

KOFFIE KOEKIES

Anna Eksteen

Bestanddele
750ml botter 
250ml suiker
25ml stroop
25ml koffie ekstrak
5ml vanilla    
60ml melk
5ml koeksada   
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout

Metode Koekies
Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda.Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180C.

Vulsel
250ml suiker     
125ml melk
250ml botter
5ml vanilla

Metode Vulsel
Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.

Print Friendly, PDF & Email
 

OUMAGROOTJIE SE DUITSE MELKTERT

Lynette Muller

KORS:
2 Kop Meelblom
2 eetl Suiker
1 Desertlep. Bakpoeier
1/4 lb Botter
2 Eiers

METODE:
Meng al die droe bestandele en vryf die botter in. Klits die eiers en maak die droe bestandele daarmee aan. Voer ‘n tertbord uit.

VULSEL:
3/4 Kop Klapper
3 Kop Melk
3 Eiers
1 1/2 eetl Meelblom
1 1/2 eetl Mielieblom
6 eetl Suiker
3 eetl Botter
1 telp Vanielje

METODE:
Bring die melk tot kookpunt. Maak die meelblom en mielieblom aan met n bietjie melk en roer in die kokende melk. Klits die geel van die eiers en suiker saam en roer dit in die mengsel. Verwyder van stoof en vou die botter, vanielje geursel asook ‘n knypie sout in.
Laastens word die styfgeklopte eierwit en klapper ingeroer. Gooi in tertpan. En bak in matige oond tot ligbruin. Strooi pypkaneel en suiker oor.

Print Friendly, PDF & Email
 

Maklikke Souttert

Rohanja

Bestanddele
1 blik boelie beef                                                
2 eiers geklits
250ml melk
5ml mosterd
25ml meel
500ml kaas gerasper
Pietersielie

Metode
Maak boelie beef fyn en meng alles. Skep in gesmeerde kolwyntjiepan. Bak teen 180 C vir so 15 tot 20 minute tot die eiers geset is.

Wenk
Tamaties kan ook begevoeg word

Print Friendly, PDF & Email
 

Bierbrood en sy Boeties

Woumarie

Bestanddele
500 g koekmeel
5 ml sout
340 ml bier
1 pak bruin uiesop

Metode
Voorverhit die oond tot 180º C. Spuit ‘n broodpan met kleefwerende middel. Sif die bruismeel en sout saam. Voeg die bier by en meng goed. Skep in die bereide pan en bak sowat 1 uur lank. Laat afkoel en keer uit.

Variasies:
# Spekvleis-bier-brood:
250 g spekvleis, fyn gekap
1 groen rissie, grof gekap en gesoteer tot sag
1 ui, fyn gekap en gesoteer tot sag

# Mielie-bier-brood:
410 g heel pitmielies, gedreineer
100 g gerasperde kaas

# Knoffel-bier-potbrood:
9 vars gekneusde knoffelhuisies, fyn gedruk
50 ml pietersielie, fyn gekap

Voeg die variasies se bestanddele by die basiese resep en bak soos deur die basiese resep beskryf.

Print Friendly, PDF & Email
 

Lemoen sponskoek

Anna Eksteen

Bestanddele Koek
2 eiers 
10ml gerasperde lemoenskil
62,5ml melk
62,5 ml lemoensap
425ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
200ml suiker
1ml sout
125ml botter of margarien

Metode Koek
Voorverhit oond tot 180C. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met ‘n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met ‘n elektrise klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.

Bestanddele Lemoenversiersuiker
50ml margarien
5ml gerasperde lemoenskil
25ml suurlemoensap
50ml lemoensap
2 1/5k versiersuiker
knypie sout.

Metode Versiersuiker
Klop die botter en versiersuiker saam tot romerig. Voeg die skil by en net genoeg van die lemoen en suurlemoen sap om die mengsel smeerbaar te maak. Smeer die helfte tussen die lae en die die ander helfte bo op die koek.

Print Friendly, PDF & Email
 

GEMMERKOEKIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
125 ml botter                                                                
125 ml gouestroop
1 eier
750 ml koekmeelblom
250 ml suiker
15 ml gemmer
5 ml koeksoda
2 ml sout
35 ml melk

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n bakplaat. Smelt die botter en roer die gouestroop by. Laat afkoel. Klits die eier by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit afwisselend met die melk in die stroop-mengsel. Verkoel deeglik in die yskas tot dit styf genoeg is om te vorm. Maak balletjies en sit dit op die bakplaat. Druk dit effens plat met ‘n vurk. Bak vir ongeveer 10 minute tot lig-bruin.

Print Friendly, PDF & Email
 

EIERVRY SJOKOLADE KOEK

Lynette Muller

Droe Bestanddele
Sif goed saam
650 ml (310g) Koekmeel
90 ml Kakao
10 ml Bakpoeier
10 ml Koeksoda
3 ml Sout
325 ml (275g) Strooisuiker

Vloeistof
160 ml Kookolie
30 ml Asyn
5 ml Vanieljegeursel
500 ml Water

Metode
Meng vloeistof goed saam en voeg geleidelik by droë bestanddele terwyl aanhoudend geklop word. Gooi beslag in 2 gesmeerde panne en bak 35 – 40 min by 180º Laat koek 5 min lank in panne afkoel en gooi dan uit. Versier soos verkies.

Print Friendly, PDF & Email