Real Durban Chicken Curry

Ingredients
6 chicken pieces cut into smaller portions
1 teaspoon ginger and garlic
Half cup peas
4 medium potatoes quartered
2 medium sized onions sliced fine
1 teaspoon garamasala
1 tablespoon Chicken curry masala or chilli powder of choice
2 ripe tomatoes
desired limit salt (I used 1 teaspoon)
6 curry leaves (optional)
1 bunch fresh coriander
2 tablespoons oil
500ml water

Method
Add half teaspoon oil to a heated heavy based pan. Brown the chicken pieces on both sides for a minute or two.

Lower the heat. Remove the chicken from the pan. Add finely chopped onions. Fry for 2-3 minutes until soft. Add remaining oil. Add ginger and garlic.

Add powdered spices. Mix. Braise for 2-3 minutes.

Add half cup water. Mix. Add chopped tomatoes. Mix. Add chicken pieces. Add another cup water. Mix.

Add potatoes and peas. Add salt. Add remaining water. Cover and allow to cook on medium heat for 25-30 minutes.

Serve warm with rice and carrot salad.

Advertisements
 

HOENDER BOBOTIE

Lindi Botha

Bestanddele:
625ml gaar fyn hoender
50ml Sultanas (Opsioneel)
2 medium uie, gekap
20ml Appelkooskonfyt
10ml Suurlemoensap
1 pakkie Hoenderroom Soppoeier
10ml Kerriepoeier
300ml Melk
3ml Gemengde Droeë Kruie (Opsioneel)
2 Eiers, geklits
Sout & Peper na smaak

Metode:
Voorverhit die oond tot 180ºC
Spuit oondvaste bak met Spray ‘n Cook / Smeer met botter
Meng die hoender, sultanas en uie saam, en skep in die bak.
Klits die res van die bestandele goed saam, en geur met sout en peper.
Giet die mengsel oor die hoender en meng liggies met ‘n vurk.
Bak tot gestol en ligbruik (ongeveer 45 – 50min)

 

Hoender Paella

Bestanddele
1 heel hoender of 8 hoenderporsies soos borsies en dye;
Sout en peper na smaak;
Olie;
Water of hoenderaftreksel;
750 ml gaar geel- of bruinrys;
1 ui in ringe gesny;
4 knoffelhuisies, fyngedruk;
1 groen soetrissie, in repe gesny;
1 groot ryp tamatie, ontvel en in blokkies gesny;
250 ml bevrore ertjies;
5 ml droë orego;
5 ml droë basiliekruid;
‘n Knippie neutmuskaat;
‘n paar druppels Tabascosous.

Metode
Geur die hoender na smaak met sout en peper en braai in die olie tot bruin, voeg ‘n bietjie water of hoenderaftreksel by, verlaag die hitte en prut tot die hoender sag en gaar is. Skep dit uit en laat dit effens afkoel. Ontbeen die hoender en sny in happiegrootte stukkies.

Berei intussen die rys voor en voeg sowat 5 ml borrie en sout na smaak by die water waarin die rys gekook word (indien jy geelrys maak). Soteer die ui, knoffel en groen soetrissie in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie by en prut tot die tamatie sag is. Voeg die hoenderstukkies en die ertjies by. Roerbraai tot lekker warm.

Voeg die geelrys by en verhit tot goed deurgaar. Roer gereeld en geur met orego, basiliekruid, neutmuskaat, ‘n paar druppels Tabascosous en nog ‘n bietjie sout en peper indien dit nodig is. Bedien warm – hierdie resep behoort heeltemal voldoende vir ongeveer ses mense te wees.

As ons later vanjaar van die see af terugkom met ons gebruiklike vraggie seekos veilig in die vrieskas, maak ons weer ‘n afspraak en dan dis ons net vir die pret egte seekos-paella op. Dieselfde tyd, dieselfde plek…

 

Hoendersosaties ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele:
50 Hoenderborsies, ontvel en ontbeen en in 25 mm blokkies gesny
20 ml Sout
100 Piekelui, gehalveer
100 Sosatiestokkies

Kerriemarinade:
10 Groot uie , in ringe gesny
80 ml Sonneblomolie
100 ml Matige Kerrie
20 ml Borrie
1 ½ Liter kookwater
450 ml Appelkooskonfyt
1,2 Liter bruin wynasyn
80 ml Bruinsuiker

Metode:
Sout die hoendervleis en ryg dit om die beurt met die piekeluie op die stokkies en pak hulle in ‘n groot plastiek bak. Giet die marinade oor die sosaties en mariner oornag op ‘n koel plek. Dreineer die sosaties en braai oor matige kole vir 10 minute.

Bedien saammet bruin sampioene met knoffel en aartappel in dieskil gaargemaak met ‘n suurroomsous. Lewer 50 sosaties.

Bruin sampioene met knoffel
50 Bruin sampioene
25 ml Varsgemaalde knoffel
50 ml Suurlemoensap
15 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
250 ml Botter

Metode:
Vee die sampioene af met handoekpapier. Pak hulle in twee groot oondpanne met die stingelkant na bo. Sprinkel knoffel, suurlemoensap, sout en peper oor en stip met die botter. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 50 porsies.

 

Kalkoen In Die Weber:

Lynette Muller

Wie hou nou nie van ‘n lekker sappige stukkie kalkoen nie. Hy is perfek as die velletjie so krakerig is saam met ‘n lekker glasie wyn. Een groot kalkoen is nodig vir hierdie resep.

Bestanddele
500 g sagte botter
hand vol tiemie
roosmaryn
salie en pietersielie gekap
5 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 2 suurlemoene
3 heel suurlemoene, gehalveer
500 ml hoenderaftreksel
6 rooi-uie, in kwarte gesny
4 knoffelknolle, in breedte gehalveer

Metode:
Meng botter, kruie, knoffel en sap en skil van suurlemoen. Maak vel op kalkoen se bors los met jou vingerpunte. Druk helfte van bottermengsel onder vel in en versprei eweredig. Sit halwe suurlemoene in kalkoen se karkas en bind bene stewig aan mekaar vas met kombuistou. Sit die kalkoen in ‘n oondpan wat in ‘n Weber sal pas en smeer die res van die bottermengsel oor. Gooi die aftreksel, rooi-uie en halwe knoffelknolle in die pan.

Sit dit in die Weber met medium-warm kole en plaas die deksel bo-op. Die gaatjies van die Weber moet half oop wees, anders smoor die kole dood. Laat dit stadig bak vir 3 uur. Maak elke uur oop en skep van die pansouse oor kalkoen. Jy sal ook ‘n aparte vuur moet maak vir ekstra kole om elke uur die kole in die Weber aan te vul. Om te kyk of kalkoen gaar is, druk ‘n mes in op die dikste deel van die vleis by die dye. Hou in vir 15 sekondes. As die mes se punt baie warm is en die sap wat uitloop helder is, is die kalkoen gaar. Haal uit roosterpan en plaas op opdienbord.

 

HOENDER-EN-MANGOKASSEROL

Rika Theron
6 porsies

Bestanddele:
30 ml botter,
1 ui, fyngekap,
2 mango’s, geskil en in stukkies gesny,
2 ml paprika,
10 – 15 ml kerriepoeier,
40 ml koekmeel,
275 ml hoenderaftreksel,
250 g knopiesampioene, fyngesny,
250 ml dik room, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak,
1,3 kg hoenderborsies, ontvel en ontbeen en in stukkies gesny.

Metode:
Verhit oond (180°C) en smeer ‘n oondbak van 27 x 30 cm met margarien. Verhit botter en soteer ui en mango 1 minuut lank. Voeg paprika en kerriepoeier by en roerbraai ‘n verdere minuut lank. Voeg meel by en roer tot glad. Voeg hoenderaftreksel by en verhit tot kookpunt terwyl geroer word. Voeg sampioene by. Wanneer sous verdik en gaar is, verwyder van hitte en voeg room by. Rangskik hoenderstukkies in oondbak, giet sous oor en bak ongeveer 50 minute lank onbedek tot goudbruin en gaar. Dien op met rys of koeskoes en slaai of groente.

 

SLOWCOOKER HOENDER KERRIE

Lynette Muller

Bestanddele
3 teel meel
4 teel kerrie
2 teel fyn cumin
1kg hoender stukke
2 kop patat stukke
2 kop baba wortels
2 kop mango blokkies/ 1blik mango
1 kop uie gekap
1 zucchini gekap
2 knoffelhuisies fyn gemaak
2 kop hoender aftreksel

Metode
Pak hoender in die slowcooker. neem die meel, kerrie en komyn en meng dit met van die hoender mengsel totdat daar nie klonte is nie. Meng nou met die res van die aftreksel. Pak nou die groente in lae soos aangegee. gooi nou die kerrie hoender aftreksel oor.

Kook
Hoog —– 4 ure
Laag —– 8 ure
Sprinkel rosyne of peanuts oor. .

 

MA SE LEKKER HOENDER:

Anna Eksteen

Bestanddele
2 hoenders

MARINADE:
175ml sonneblomolie
125ml blatjang
125ml HP sous
125ml tamatiesous
125ml Worcestersous
50ml Aromat
25ml knoffelsout
20ml braaivleisspeserye
20ml borrie
5ml piri-piripoeier
5ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie (geskil en gekneus)

Metode
Maak die hoenders skoon, sny in porsies en was dit af in koue water. Droog die porsies af met kombuispapier. Meng die bestanddele vir die marinade. Gebruik ‘n bak met ‘n deksel wat goed kan verseël. Pak die hoenderstukke daarin en bedek elke laag met marinade. Sit die deksel op, plaas in yskas en laat die porsies ongeveer 12 uur marineer. Draai dit twee keer in die tyd om. Plaas die porsies met die marinade in ‘n enkele laag in ‘n groot oondpan. Bak dit ongeveer 3 uur lank by 100C, maar hou dit teen die end dop en stel die hitte laer as die marinade te bruin word.

 

Beer Can Chicken, Bier blik hoender (of gebruik Coke)

Ek is al lankal lus om die resep te probeer.
Ek het uiteindelik en dit was heerlik en sappig.
Ek het die hoender in die Cobb braaier gaargemaak.
Maar hy kan op enige ander braaier (verkieslik met n deksel) gaargemaak word of selfs in die oond.
Bedek die hoender en hele pan met foelie indien jy dit in die oond doen.

Bestandele:
een heel hoender
6 medium aartappels
halwe blikkie bier of coke
foelie

Die speserye en geure is na smaak:
Maar hier is wat ek gebruik het:
Ongeveer 200ml olyf olie.
5ml gerookte sout flokkies
4ml naeltjies
22ml Ina Paarman Hoender speserye
15ml gegeurde gemengde kruie (Robertsons)
5ml knoffel vlokkies
meng goed en laat staan vir die geure om trek.

Skil 6 medium aartappels.
Plaas dit in  zip lock sakkie saam met ongeveer 80ml olyfolie en 10ml sout vlokkies.
Meng en rol dat al die aartappels bedek is met die olie laag in die sakkie.

As die vuur/hitte gereed is plaas die halwe  bier in die houer

Bier blik hoender houer

Smeer die hoender met die olyf mengsel.
Maak seker dit is n lekker dik mengsel dan loop dit nie net af nie.
Plaas hoender oor die blikkie/staander en draai foelie om die vlerkies en om die boudtjies se punte
Plaas dit in foelie bord bv n tert bord.
Draai die aartappels elkeen apart in foelie toe en plaas om die hoender.
Sit in jou braaier en maak die deksel toe.
Myne het ongeveer 2 ure geneem om gaar te word.

MY hoender het ongeveer 2 ure geneem om gaar te word, saam met die lekker gebakte aartappels

Waarna ek net die boudtjiesafgesny het en teruggeplaas het in die biersous
Die hoender het ek met foelie bedek en saam met die aartappels warm gehou op 90 grade.
Ek het gevriesde oven bake groente saam met die boudtjies gesit en daar was n heerlike ete gaar met min skottelgoed.

*My bier blikkie was te hoog. Ek het die bier oorgegooi in n kleiner koeldrank blikkie (Tonic water)

Solank jou braaier se hitte egalig bly behoort enige braaier te werk

 

HOENDERPASTEI:

Anna Eksteen

Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word.  Die deeg kan tot drie maande bevries word.

Bestanddele Deeg
250ml koekmeel                                                            
2ml sout
5ml mosterdpoeier                                                        
125g koue botter
125g gladde maaskaas

Metode Deeg
Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot ‘n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel ‘n paar uur.

Bestanddele Pastei
675g hoenderborsies, ontvel en ontbeen                        
500 ml hoenderaftreksel
60g botter
150ml koekmeel
375 ml melk
45ml sjerrie
suurlemoensap
Sout en vars gemaalde swartpeper
30g botter       
1 middelslag-ui, gekap
3 middelslag-wortels, en in ringe gesny                          
2 klein selderystingels, in ringe gesny
125ml bevrore ertjies, ontdooi
45ml gekapte vars pietersielie

Metode Pastei
Plaas die vleis en aftreksel in ‘n kastrol en laat prut. Verlaag die hitte sodat die vloei stof net borrel. Bedek en laat kook tot gaar. Lig die vleis uit die vloeistof (hou eenkant om vir die witsous te gebruik) en laat effens afkoel. Sny die vleis in blokkies. Gebruik ‘n groter kastrol en smelt die botter oor medium hitte. Voeg die koekmeel by en roer terwyl dit ‘n minuut kook. Haal van die stoof af, voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en klop tot glad. Klop die melk in en bring oor medium hitte tot prut-punt terwyl jy aanhoudend klop. Voeg die vleis en sjerrie by en kook een minuut. Voeg die suurle-moensap en sout en peper na smaak by. Stel intussen die oond op 180°C. Verhit die  30g botter. Voeg die ui, wortels en seldery by en roerbraai sowat 5 minute.  Roer die groente by die romerige hoendervleis in. Voeg die ertjies en pietersielie by. Skep die hoender-groentemengsel in ‘n gesmeerde pasteibak. Rol deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Plaas bo-oor die vulsel en bak 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond.