KUNSROOM

Lynette Muller

Bestanddele
60ml botter
60ml kondensmelk
10ml suurlemoensap

Metode
Klits alles goed saam tot lig en styf.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Dadelwieletjies

Okkie Jansen Van Rensburg

Bestanddele Vulsel
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) rosyntjies
150ml water
1 eetlepel (15ml) brandewyn
1 pakkie (100g) gevlokte amandels, gekap

Bestanddele Deeg
2 koppies (500ml) koekmeel
1 teelepel (5ml) koeksoda
2 teelepels (10ml) kremetart
½ teelepel (2,5ml) kaneel
knypie sout
knypie gemengde speserye
¾ koppie (187ml) strooisuiker
½ koppie (125ml) olie
1 koppie (250ml) water

Stel oond op 180 ºC.

Metode Vulsel
Kook dadels en rosyntjies in water vir 2 minute in mikrogolfoond. Roer brandewyn en amandels by en laat eenkant om af te koel.

Metode Deeg
Sif al die bestanddele behalwe suiker, olie en water saam. Roer suiker by gesifte bestanddele. Roer olie en water bymekaar en roer by gesifte bestanddele. Vorm deeg en rol tot redelik dun op ‘n meelbestrooide oppervlak in reghoek van ongeveer 50 cm x 30 cm uit. Smeer vulsel op uitgerolde deeg en rol in breedte op soos ‘n rolkoek. Draai deegrol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 5 ure. Sny deeg in 1 cm- skyfies, plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 12 minute of tot goudbruin. Lewer ongeveer 60 koekies

Print Friendly, PDF & Email
 

Sagopoeding ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele
8 Koppies sago
6 Kaneelstokkies
7 ½ Liter melk
900g Suiker
30 ml Sout
225 ml Botter
18 Eiergele, geklits
450 ml Appelkooskonfyt
50 Eierwitte
1 kg Suiker

Metode:
Spoel die sago af. Voeg die kaneelstokkies en sago by die melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat die sago deurskynend is. Voeg 100 g suiker, sout en botter by. Meng goed. Verwyder die kaneelstok. Voeg die geklitste eiergele by. Skep die mengsel in ’n oondbak en stip die appelkooskonfyt oor. Klits die eierwitte styf en voeg die 120 g suiker lepel vir lepel by. Skep die meringue bo-op die sagomengsel en bak vir 20-25 minute teen 180 °C. Sit warm of koud voor. Jy kan die vulsel van die sagopoeding die vorige dag maak, hou in die yskas en sit die meringue die volgende dag bo-op en dan in die oond. Lewer 50 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

VINNIGE KLITSPOEDING

Lynette Muller

Dit is binne minute gereed om bedien te word.

Bestanndele
1 x 410 g blik yskoue ideal melk
1 pakkie kitspoeding – vanielje of piesang geur
50 ml aarbeikonfyt

METODE:
Klits die ingedampte melk tot styf. Klits die kitspoeding by tot gemeng en laat ‘n paar minute staan. Klits die konfyt by.
Gooi die mengsel in ‘n mooi poedingbak en plaas in die yskas om te stol.

Print Friendly, PDF & Email
 

GEBAKTE APPELS MET BRANDEWYNROOM

Lynette Muller

Bestanddele
6 heel appels
6 el goue sultanas
2 el suiker
250 ml vars room
4 el brandewyn
1 el botter

METODE:
Marineer sultanas oornag in brandewyn. Dreineer en behou brandewyn. Verwyder appelstronke en vul met sultanas. Smeer oondbak met botter en plaas appels daarin. Bak in oond teen 180 ° C for 30 minute. Verhit suiker en helfte van room in pannetjie. Roer tot suiker gesmelt is. Verwyder van hitte en roer brandewyn by, laat afkoel. Klits res van room tot sagte punte vorm. Roer by brandewynroom en skep oor appels.

Print Friendly, PDF & Email
 

AGT-LEPEL-POEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
8 gelykvol eetlepels margarien
8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt
8 hoogvol eetlepels koekmeelblom
8 gelykvol eetlepels suiker
10ml koeksoda
500ml melk

Metode
Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in ‘n kastrol. Meng koekmeel en suiker. Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele. Voeg gesmelte margarien en konfyt by. Roer om goed te meng. Die mengsel is loperig. Gooi in ‘n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin. Die poeding is ook baie geskik vir bevriesing.

Print Friendly, PDF & Email
 

LEMOENPOEDING

Anna Eksteen
‘n Effense variasie op die bekende Japie-se-gunsteling. Dié poeding het ‘n fyn koeklagie bo-op en baie sous onder-in.

Bestanddele
2 eiers, geskei                                                             
250ml suiker
100ml koekmeelblom
250ml melk
180ml lemoensap
15ml fyn marmelade
fyngerasperde skil van 1 lemoen
30ml gesmelte botter of margarien

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak van 20cm met botter. Klits die eiergele en suiker baie goed tot lig en dik. Voeg die meel en melk by en roer tot gemeng. Voeg die lemoensap, marmelade, skil en gesmelte botter of margarien by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou in. Skep in die gesmeerde bak en plaas in die groter oondbak. Vul met water tot driekwart vol. Bak vir 45 minute tot goudbruin. Laat effens afkoel en sit voor. Bedien 6 mense.

Print Friendly, PDF & Email
 

APPELTERT POEDING

Lynette Muller

Bestanddele
4 koppies appels, gesny dun
3/4 koppie bruin suiker
1/2 koppie bruismeel (of half koppie meel en 4ml bakpoeier)
1/2 koppie hawermout (oats)
40 gr botter, versag
3/4 teelepel kaneel

METODE:
Spuit kasserol/pan met spray en cook. Pak appels in ‘n laag onder op die bodum van die pan. Meng al die ander bestanddele saam en verkrummel die mengsel oor die appels. Bak by 180 C vir 30 minute of tot appels sag is. Bedien met roomys of geklopte room.

Print Friendly, PDF & Email
 

WINTERVRUGTE IN ROOIWYN

Anna Eksteen

Bestanddele
1 suurlemoen
1 lemoen
750ml water
375ml vrugtige rooiwyn
45ml bruinsuiker   
1 kaneelstok
2 pere, gehalveer, geskil, ontpit en in stukke gesny      
4 koejawels, gehalveer
2 tamatiepruime (persimmons), geskil,in kwarte gesny
2 appels, geskil, ontkern, in stukke gesny

Metode
Gebruik ‘n sitrusskiller (“zester”) en trek repies skil van die suurlemoen en lemoen af. Druk dan die sap van albei uit en sit alles saam in ‘n kastrol. Verhit stadig oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut liggies vir 10-15 minute. Sit warm voor met room.

Print Friendly, PDF & Email