Nagevolge Na my eerste kamp het ek werklik eerstehands met die nagevolge van so ʼn lang kamp te doen gekry. Ons het baie keer gesien en gehoor van manne wat bossies geraak het. Bossies is net ʼn mooi woord vir MAL. Vandag noem hulle dt PTSD ~ Post Traumatic Stress Disorder. Baie manne het heeltemal Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

Die Go-Carts Nou het ek mos al aan julle vertel van die Go-Carts. Sulke rye donker groen plastiese toilette wat oor slote gesit word, waar mens nou rustig sit en die natuur sy gang kan laat gaan. Maar daar is niks romanties daaraan nie, want gewoonlik is daar meer as een mens daar, en dit Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

Op die grens was patrollies die oë en ore van die weermag gewees. As die patrollie reg gedoen word en nie ontaard nie kan mens waardevolle inligting kry oor die vyand en hulle bewegings. Spore word dalk opgemerk, so nou en dan loop jy ook iemand raak wat nie daar moet wees nie. Maar dit Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

Daar is nie meer baie manne wat seker die dinge kan bevestig nie. Maar toe ons diensplig gedoen het en ook kampe daarna, het daar baie stories rondgeloop oor die tweede wêreldoorlog. Al wat ek kan sê is dat dit nie kinderspeletjies was nie. Die Bosoorlog wat ons teen Swapo en die kommunistiese magte gevoer het, was kinderspeletjies gewees Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

  So ʼn paar kilos suid van Ruacana was hierdie dam gewees. Langs die dam was daar ʼn pompstasie gewees. Ek kan nie onthou of daar pal wagte by die dam was nie. Ek glo nie, want dit is waar ons so een of twee keer gaan visvang het. As daar wagte was sou ons nie visgevang Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

So een middag half laat teen skemer se kant as ek reg kan onthou het die MPLA soldate aan die anderkant van die grens, seker baie verveeld net soos ons het die middag besluit vir so ʼn bietjie opwinding. Hulle het so ʼn paar mortiere in ons rigting geskiet. Onthou dit was baie warm gewees Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

Na die opleiding is ons Ruacana toe. Die basis is sowat 5 kilo’s uit die dorp. Die basis was by ʼn vliegveld gewees. Ons het in tente gebly. Die offisiere het in kamers gebly en die bevelvoerder het in ʼn huis karavaan gebly. Die tente was vir een of ander rede so halflyf in die grond ingegrawe gewees. Slegs Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

Kommunikasie van watter aard ook al is baie belangrik vir die troepe. Dit hou hulle so op ʼn manier gebind aan die werklikheid van die siviele lewe. In die basisse kon mens radio luister, so nou en dan ʼn paar weke se ou koerante in die hande kry. Alles is verslind. Baie kere is die Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

Die drie weke kampe was nou juis nie iets om oor huis toe te skryf nie. Daar is nie juis insidente wat ek kan onthou van die kampe nie. Êrens in 1977 kry ek weer my oproepinstruksies. Weer drie maande en weer grens toe. Hierdie keer is die tydsberekening nie aan ons kant nie. Ek Read More →

Print Friendly, PDF & Email
 

Met die aanvang van elke kamp staan die manne in sulke groepe rond om weer nuus uit te ruil en waar ons sommer ook stories uitgeruil het, en weer op datum gekom het met mekaar se lewens. Die verhouding tussen mans is ingewikkeld. Maar in die weermag is daar ʼn ander soort verhouding tussen die Read More →

Print Friendly, PDF & Email