Die Tweede Keer

Die drie weke kampe was nou juis nie iets om oor huis toe te skryf nie. Daar is nie juis insidente wat ek kan onthou van die kampe nie. Êrens in 1977 kry ek weer[…]

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 
Lees meer …

Die Laaste Aand

Na baie verlange, sweet en bangheid het ons laaste aand aangebreek ons is op pad huis toe. Op ʼn stadium het ons Portugese vlugtelinge ge escort na Suidwes. Een van my vriende het ʼn bottel anys likeur by een van die vlugtelinge geruil vir ʼn pakkie sigarette. Daardie aand besluit die offisiere dat ons so twee, twee gaan wagstaan en ook net vir ʼn uur lank. Ek en my vriend is 8 uur die aand op na ons wagpos toe. Daar aangekom maak die bottel anyslikeur sy verskyning. Die eerste slukkie is lekker. Die stroopsoet maak so warm so al die pad in jou keel af. Ons sit en gesels en praat oor alles wat ons ervaar en beleef het. Ons verlange en ons vrese. So êrens halfpad in die bottel in het ons twee aan die slaap geraak, nadat ons so ‘n paar keer siek geword het. Die volgende oggend het ons wakker geword so saam met die son. Ons het die hele aand in die wagpos gesit en slaap sonder om ons aflosse te gaan roep. Van daardie dag af kan ek nie anys likeur drink nie. Die reuk bring ook die herinneringe van daardie aand en veral van die hele drie maande weer op. Hoekom was ons so onverantwoordelik. Dit is seker omdat ons die dood nie meer gevrees het nie. Ons was jonk en glad nie bang vir die dood nie. Want die dood het ons al ʼn paar keer gesien. Ons het ook nie meer vrees gehad nie, want ons het seker maar geglo dat ons onsterflik is. Die breinspoeling het ook seker sy effek gehad. Ons was mos baie beter as daardie stinkende ter wat ons land van ons probeer afvat het.    

Print Friendly, PDF & Email
 
Lees meer …